• No results found

Gevolgtrekkings en aanbevelings rakende die navorsingsmetodologie

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

5.3 Gevolgtrekkings en aanbevelings rakende die navorsingsmetodologie

5.3.1 Gevolgtrekkings op grond van die implementering van die navorsingsmetodologie

Die benutting van die gemengde navorsingsbenadering het die navorser effektief ondersteun om die navorsingsmetodes en -tegnieke te kon kies ten einde die navorsingsdoel ten beste te kon bereik. Alhoewel daar primêr gefokus is op die kwalitatiewe benadering, was beide die kwalitatiewe en kwantitatiewe data instrumenteel en funksioneel om die aard en mate van die oordrag te ondersoek. Dit het ook die triangulasie van metodes vir data-insameling versterk. Die fenomonologiese navorsingsontwerp, wat primêr vir kwalitatiewe navorsing gebruik is, was besonder funksioneel aangesien dit die essensie van menslike ervarings rakende ‘n fenomeen, in hierdie geval oordrag van leesbegripstrategieë, soos deur die deelnemers beskryf, identifiseer. Die verkennende en beskrywende ontwerpe wat as ondersteuning benut is, was instrumenteel in die keuses rakende die populasie, steekproefnemingsmetode, metode van data-insameling en data-analise. Die voor- eksperimentele ontwerp, wat vir die kwantitatiewe deel van die navorsing, benut is, word as relevant vir hierdie studie beskou, omdat ‘n nie-waarkynlikheid-proefnemingsmetode gebruik is en die steekproef relatief klein was. Genoemde eienskappe beïnvloed wel die geldigheid van die data. Vir die doeleindes van hierdie studie het hierdie ontwerp wel daartoe bygedra

HOOFSTUK 5: Gevolgtrekkings en aanbevelings

dat die mate van oordrag van leesbegripstrategieë beskryf kon word (i.e. beskrywende statistiek). Afleidings kon egter nie gemaak word nie (i.e. inferensiële statistiek).

Aangesien die doelgerigte steekproeftegniekmetode gebruik is, is daar ‘n spesifieke groep doelbewus gekies om die navorsingsvraag te beantwoord, naamlik die tweedejaar B.Ed.- Geografiestudente aan die CPUT: Wellington-kampus. ‘n Moontlike nadeel hiervan kan wees dat studente aan ‘n ander kampus van CPUT of tweedejaarstudente wat ‘n ander vak volg, anders sou kon reageer en daar dus nie ‘n klinkklare bewys is dat die gevolgtrekkinge noodwendig veralgemeen kan word nie. Die verkennende en beskrywende ontwerpe, die doelgerigte steekproefnemingstegniek, asook triangulasie van data-insamelingsmetodes, soos reeds genoem, het wel oordraagbaarheid na ander tweedejaar-B.Ed.-studente verhoog.

Die insameling van die kwantitatiewe data deur middel van ‘n leesbegripstoets en vraelys en die analise daarvan het die navorser ondersteun om die mate van oordrag van leesbegripstrategieë te bepaal. Die studente is ook voorberei op die semi-gestruktureerde onderhoude binne fokusgroepe waartydens die kwalitatiewe data ingesamel is. Die insameling en dokumentering van die vyf fokusgroeponderhoude en die analise daarvan het genoegsame en ryk data verskaf rakende die aard van die oordrag van leesbegripstrategieë.

Die semi-gestruktureerde onderhoudskedule het ook daartoe bygedra dat deelnemers vrylik hul persepsies en evarings kon bespreek. Data-versadiging is waargeneem en het verseker dat daar geen nuwe temas meer geïdentifiseer is nie. Triangulasie van metodes van data- insameling, die onderhoudskedule en tegnieke, steekproefnemingstegniek en benutting van

‘n onafhanklike kodeerder het geloofwaardigheid, egtheid en betroubaarheid van die kwalitatiewe data bevorder.

Etiese praktyk was daarop gemik om die deelnemers te beskerm teen moontlike skade en om hul identiteit te beskerm (privaatheid en konfidensialiteit). In hierdie studie is 85 tweedejaar B.Ed. studente wat Geografie as vak het, genooi om aan die studie deel te neem, waarvan 65 toegestem het. Die gevolgtrekking is dat, wanneer deelnemers vooraf aangemoedig word om potensiele skade te identifiseer, hul verseker word dat hierdie potensiele skade in ag geneem sal word en wanneer die deelnemers voel dat hul behoeftes in ag geneem word, toestemming om deel te neem aangemoedig word. Beide die kwalitatiewe en kwantitatiewe data is verwerk tot ‘n kollektiewe storie en beskrywing. Die gevolgtrekking is dat hierdie manier van beskrywing verder verseker dat deelnemers se identiteit, en dus hul privaatheid, gerespekteer en beskerm word.

HOOFSTUK 5: Gevolgtrekkings en aanbevelings

Die genoemde gevolgtrekkings is bepalend vir die aanbevelings ten opsigte van die navorsingsmetodologie. Dit word vervolgens beskryf.

5.3.2 Aanbevelings op grond van die implementering van die navorsingsmetodologie

Die aanbevelings rakende die navorsingsmetodologie berus op die gevolgtrekkings soos hierbo beskryf:

 Die gemengde navorsingsbenadering word aanbeveel wanneer ‘n navorser poog om beide die aard en mate van voorkoms van ’n fenomeen te ondersoek.

o Die kwalitatiewe navorsingsbenadering word aanbeveel wanneer die aard van

‘n fenomeen ondersoek word, terwyl die

o kwantitatiewe navorsingsbenadering aanbeveel word wanneer die mate van voorkoms ondersoek word.

 Wanneer die voorkoms en die aard van ‘n fenomeen ondersoek word, word aanbeveel dat die kwalitatiewe navorsing primêr deur die fenomonologiese navorsingsontwerp gerig word en dat die verkennende en beskrywende ontwerpe ondersteunend benut word.

 Die voor-eksperimentele ontwerp word aanbeveel wanneer daar binne ‘n kwantitatiewe benadering van ‘n nie-waarkynlikheids-proefnemingsmetode gebruik gemaak word en wanneer die steekproef relatief klein is.

o ‘n Verdere aanbeveling is dat data wat deur middel van genoemde ontwerp ingesamel word as beskrywende statistiek en nie inferensiële statistiek nie, uitgebeeld word. Data moet dus die fenomeen beskryf, maar daar moet gewaak word teen afleidings.

 Die doelgerigte steekproeftegniekmetode word aanbeveel om die navorsingsvraag te beantwoord wanneer ‘n fenomeen binne ‘n spesifieke konteks ondersoek word.

 Die doelgerigte steekproefnemingstegniek, asook triangulasie van data- insamelingsmetodes word aanbeveel om oordraagbaarheid te verbeter wanneer ‘n fenomeen binne ‘n spesifieke konteks ondersoek word.

 ‘n Voortoets word aanbeveel om te verseker dat die kwantitatiewe en kwalitatiewe data wat ingesamel is wel die navorsingsvraag beantwoord.

o Binne die kwalitatiewe navorsingsbenadering word die benutting van ‘n voorafopgestelde onderhoudskedule en ‘n voorafbepaalde keuse rakende onderhoudstegnieke aanbeveel om te verseker dat deelnemers die navorsingsvraag binne ‘n konstante raamwerk beantwoord.

HOOFSTUK 5: Gevolgtrekkings en aanbevelings

 Die benutting van ‘n onafhanklike kodeerder word aanbeveel om geloofwaardigheid, egtheid en betroubaarheid van kwalitatiewe data te verseker.