• No results found

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSBEVINDINGE

4.2 Navorsingsbevindinge gegrond op die kwantitatiewe data

4.2.2 Identifisering van die suksesvolle benutting van strategieë

Die begripstoets (sien Addendum C) het uit 10 vrae bestaan, gegrond op die Geografie- leesstuk wat gebruik is om die benutting van strategieë te identifiseer. Die deelnemende studente moes ‘n antwoord op teksgebonde vrae verskaf en ook aandui watter

HOOFSTUK 4: Navorsingsbevindinge

leesbegripstrategie benut is, indien enige (cf. Paragraaf 2.5). Die vorige afdeling het ‘n beskrywing gegee van strategieë wat benut is. In hierdie afdeling word die bostaande data in verband gebring met die resultate van die begripstoets.

In die verwerking van die data is daar tussen vrae wat reg beantwoord is en vrae wat verkeerd beantwoord is, onderskei. Hierdie antwoorde is dan ook vergelyk met strategieë wat benut is. Die verskillende opsies van strategieë word vervolgens bespreek en vergelyk met die aantal korrekte en verkeerde antwoorde wat verskaf is.

Opsie 1: ‘Fix-up-strategieë (lees aan, lees weer, ensovoorts)

Opsie 1 is 241 keer gebruik met ‘n gemiddeld van 3.7. Dit is 188 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 53 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

Figuur 4.2: Opsie 1: ‘Fix-up-strategieë

Opsie 2: Tekskenmerke (bold, grafieke ensovoorts)

Opsie 2 is 136 keer gebruik met ‘n gemiddeld van 2.09. Dit is 119 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 17 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

Figuur 4.3: Opsie 2: Tekskenmerke 0

50 100 150 200

Opsie 1

Reg beantwoord Verkeerd beantwoord

0 50 100 150

Opsie 2

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

HOOFSTUK 4: Navorsingsbevindinge

Opsie 3: Voorspelling

Opsie 3 is 63 keer deur studente gebruik met ‘n gemiddeld van 0.97. Dit is 36 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 27 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

Figuur 4.4: Opsie 3: Voorspelling

Opsie 4: Vraagstelling

Opsie 4 is 67 keer deur studente gebruik met ‘n gemiddeld van 1.03. Dit is 40 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 27 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

Figuur 4.5: Opsie 4: Vraagstelling

Opsie 5: Assosiasies maak

Opsie 5 is 45 keer deur studente gebruik met ‘n gemiddeld van 0.69. Dit is 33 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 12 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

0 5 10 15 20 25 30 35 40

Opsie 3

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

0 10 20 30 40 50

Opsie 4

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

HOOFSTUK 4: Navorsingsbevindinge

Figuur 4.6: Opsie 5: Assosiasies maak

Opsie 6: Afleidings maak

Opsie 6 is 172 keer deur studente gebruik met ‘n gemiddeld van 2.65. Dit is 111 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 61 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

Figuur 4.7: Opsie 6: Afleidings maak

Opsie 7: Hoofgedagte uithaal

Opsie 7 is 95 keer deur studente gebruik met ‘n gemiddeld van 1.46. Dit is 86 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 9 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

0 5 10 15 20 25 30 35

Opsie 5

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

0 20 40 60 80 100 120

Opsie 6

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

HOOFSTUK 4: Navorsingsbevindinge

Figuur 4.8: Opsie 7: Hoofgedagte uithaal

Opsie 8: Voorkennis

Opsie 8 is 105 keer deur studente gebruik met ‘n gemiddeld van 1.62. Dit is 78 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 27 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

Figuur 4.9: Opsie 8: Voorkennis

Opsie 9: Geen

Opsie 9 is 33 keer deur studente gebruik met ‘n gemiddeld van 0.51. Dit is 15 keer gebruik waar respondente vrae korrek beantwoord het. Hierdie opsie is 18 keer deur respondente gebruik waar hulle die vraag verkeerd beantwoord het.

0 20 40 60 80 100

Opsie 7

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

0 5 10 15 20 25 30

Opsie 8

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

HOOFSTUK 4: Navorsingsbevindinge

Figuur 4.10: Opsie 9: Geen

In bostaande beskrywings is die gemiddelde van die benutting van strategieë uitgewerk en vergelyk met die aantal korrekte en verkeerde antwoorde. Tabel 4.2 hieronder illustreer die opsomming van die resultate.

Tabel 4.2: Verband tussen gemiddelde benutting en korrekte en verkeerde antwoorde Opsie [van meeste

tot minste benut]

Hoeveelheid keer benut

Gemiddelde benutting

% Korrekte antwoorde

% Verkeerde antwoorde

Fix-up’-strategieë 241 3.7 78% 21.99%

Afleidings 172 2.65 64.53% 35.47%

Tekskenmerke 136 2.09 87.5% 12.5%

Voorafkennis 105 1.62 74.29% 25.71%

Hoofgedagte

uithaal 95 1.46 90.53% 9.47%

Vraagstelling 67 1.03 59.7% 40.3%

Voorspelling 63 0.97 57.14% 42.86%

Assosiasies 45 0.69 73.33% 26.67%

Geen 33 0.51 45.45% 54.55%

Die data dui nie op ‘n korrelasie tussen die gemiddelde gebruik van ‘n strategie en korrekte/verkeerde antwoorde nie. Die uithaal van hoofgedagtes (deur ‘n gemiddeld van 1.5 respondente) dui op die grootste mate waar antwoorde korrek was (90.5%). Hierdie strategie is dus die vyfde meeste benut, maar dui op die strategie wat die meeste sukses behaal het.

Fix-up’-strategieë, wat die meeste benut is deur ‘n gemiddeld van 3.7 respondente, is die strategie wat met die derde meeste korrekte antwoorde (78%) verbind word. Dit volg op tekskenmerke wat deur ‘n gemiddeld van 2.1 respondente benut is en wat tot 87.5% korrekte antwoorde verbind word. Voorkennis wat die vierde meeste benut word (1.6 respondente) word wel ook met die vierde meeste korrekte antwoorde (74.3%) verbind. Assosiasies, wat

13 14 15 16 17 18 19

Opsie 9

Korrek beantwoord Verkeerd beantwoord

HOOFSTUK 4: Navorsingsbevindinge

naas die geen benutting van strategieë, die minste benut word deur 0.7 respondente, volg op tekskenmerke met ‘n 73.3% korrekte antwoorde. In teenstelling hiermee, is die aantal korrekte antwoorde wat met afleidings (wat die tweede meeste benut is deur 2.7 respondente) 64.5%. Vraagstelling en voorspelling word naas assosiasies die minste benut en word onderskeidelik met 59.7% en 57.1% korrekte antwoorde verbind. Die benutting van geen strategieë word deur die minderheid studente aangedui. Die aantal korrekte antwoorde waar geen strategie benut is is 45.5%. Dit dui dus daarop dat, waar strategieë wel deur respondente benut is, daar ‘n groter mate van korrekte antwoorde was.

Die kwantitatiewe data wat in hierdie afdeling beskryf is, het gefokus op die mate van oordrag wat plaasvind. Gevolgtrekkings sal in Hoofstuk 5 bespreek word. Die volgende afdeling fokus op die aard van oordrag, soos deur die kwalitatiewe data beskryf.