• No results found

HOOFSTUK 3 LITERATUURSTUDIE

3.2 Teoretiese raamwerk

3.2.2 Konstruktivisme

HOOFSTUK 3: Literatuurstudie

geleenthede te skep waar studente hul gebruik van strategieë kan deel met ander en daaroor kan reflekteer. Volgens die skrywers is die metakognitief-gesofistikeerde leser bewus daarvan dat begrip bevorder word deur aktief betrokke te wees by die leesproses. So

‘n leser

 weet dat dit wat gelees word met eie voorkennis verbind moet word,

 is bewus dat die goeie leser voorspel wat moontlik volgende mag gebeur,

 is bewus daarvan om vrae te vra terwyl hy/sy lees,

 stel idees in die teks visueel voor,

 som gedurig tydens lees op dit wat reeds gelees is,

 is bedag daarop dat dele moontlik verwarrend mag wees,

 weet hoe om regstellende strategieë, soos om weer te lees, te gebruik en

 ken leesbegripstrategieë, besef die waarde daarvan en gebruik dit gereeld (Block &

Pressley, 2008:291-305).

Vacca (2002:192) ondersteun bogenoemde sienswyse en meld dat goeie lesers metakognitief bewus en kundig is oor hul eie leesproses en verwoord dit soos volg: “They know what, how, when and why it is important to monitor what they are reading, and they know how to regulate their use of comprehension strategies” (Vacca 2002:192). Die verwysing na die regulering van die benutting van begripstrategieȅ sluit aan by die bespreking van konstruktivisme wat volg.

Aan die einde van hierdie hoofstuk sal ‘n opsomming van die begrippe wat sentraal staan tot elke afdeling of kernaspek van hierdie hoofstuk verskaf word. Funksionele elemente wat uit hierdie gedeelte na vore kom, is metakognitiewe kennis waaronder selfkennis, taakkennis en selfmoniterings- en reguleringskennis figureer, asook metakognitiewe ervarings en beheer wat na ervaring van kort- en langtermynkognisie, metageheue, metabegrip, evaluering en refleksie verwys.

HOOFSTUK 3: Literatuurstudie

Gravett (2005:21) sluit hierby aan met die woorde: “... the personal construction of knowledge always occurs through the intersection of culture, tools, context and people and is therefore social”. Die fokus is hier dus op ‘n interaktiewe proses.

‘n Ander benadering tot konstruktivisme is ‘n persoongesentreerde (i.e. intra-gerigte) proses.

Henson (2003:13) trek ‘n verband tussen konstruktivisme en leerdergesentreerde leer en wys op oordraggenererende onderrig- en leergeleenthede wat kenniskonstruksie en betekenisvorming bevorder (cf. Forgarty, 1997:76; Johnson, 1995:33). Dit behels, onder andere, dat studente aangemoedig word om hul eie insig te konstrueer deur nuwe inligting met vorige ervarings te verbind.

Konstruktivisme word deur Heyns (2007: 54-55) in drie kategoriȅ geplaas, naamlik: matige konstruktivisme, radikale konstruktivisme en sosiale konstruktivisme. Matige konstruktivisme is die aktiewe opbou van kennis, of die aktiewe konstruksie daarvan deur die student wat nie oorgedra word deur die fasiliteerder of opleier nie. Die skrywer verduidelik radikale konstruktivisme as kennis wat voortdurend verander in die lig van ondervinding en belewing terwyl sosiale konstruktivisme volgens Heyns gebaseer is op Vygotsky (aangehaal in Heyns, 2007:54-55) se beskrywing van kenniskonstruksie en betekenisvorming deur middel van kommunikasie en sosialisering.

Die huidige studie het binne die derde kategorie van sosiale konstruktivisme plaasgevind (Die verband tussen hierdie kategorie van sosiale konstruktivisme en die aard van die Leesnet-program word later in hierdie afdeling bespreek). Die sosiaal-konstruktivistiese paradigma behels dat kennis nie bloot van teks na student/leser oorgedra word nie, maar dat kennis altyd in ‘n proses van konstruksie binne ‘n sosiale konteks is. Die sosiale konteks van byvoorbeeld die klaskamer beïnvloed die manier waarop studente met mekaar, die dosent en die teks omgaan. Binne die konteks van leesbegriponderrig is dit belangrik om daarop te let dat die leser ‘saam met’ die teks leer en nie net en noodwendig van die teks nie. In aansluiting by die bespreking van metakognisie, wys Vacca (2002:193) daarop dat om

‘vanuit’ die teks te leer die vloei van begrip vanuit die teks na die student impliseer. Om

‘saam met’ die teks te leer dui op ‘n transaksie tussen die leser en die teks. Volgens die skrywer dra die leser tydens gesprekvoering en skryf by tot sy/haar eie leer wanneer begrip onderhandel en kennis sosiaal gekonstrueer word.

Cambourne (2003:26) maak drie kernteoretiese aannames oor konstruktivisme, wat aansluit by hierdie studie se fokus op sosiale konstruktivisme. Volgens hom kan dit wat geleer word nie van die konteks waarbinne leer plaasvind, geskei word nie. Verder staan die doel of

HOOFSTUK 3: Literatuurstudie

doelwit van die student sentraal ten opsigte van dit wat geleer word en laastens word kennis en betekenis sosiaal deur middel van onderhandeling, evaluering en transformasie gekonstrueer.

Bogenoemde aannames deur die skrywer, behels vyf beginsels waarvolgens die konstruktivisme die onderrigsituasie van leesbegripstrategieë beïnvloed:

 die kweek van ‘n klaskamerkultuur waarbinne diep betrokkenheid by verskillende demonstrasies van effektiewe leesgedrag aangemoedig word;

 die oordeelkundige implementering van aktiwiteite en strategieë wat al vier die onderrig en leerdimensies, naamlik die eksplisiete, die sistematiese, die bewustelike en kontekstualisasie verteenwoordig;

 die implementering van geleenthede wat intellektuele ‘onrus’ daarstel;

 die ontwikkeling van elke student se metatekstuele bewustheid van die implisiete prosesse en ‘verstaan van’ effektiewe leesgedrag en

 die ontwerp en gebruik van outentieke prosesse en ‘verstaan van’ effektiewe leesgedrag (Cambourne, 2002:30).

Hierdie effektiewe leesgedrag sluit direk aan by die leesbgripstrategie van die ontwikkeling van ‘n metatekstuele bewustheid. Dit verwys daarna dat studente bewus is van en op oorredende en samehangende wyse die volgende kan verwoord: kennis oor en begrip van hoe ‘n teks werk, die prosesse en strategieë wat effektiewe lesers gebruik en oplossings wanneer hul ‘n geletterdheidsprobleem teëkom (Cambourne, 2002:30).

Vir die doel van hierdie navorsing word die sosiaal konstruktivistiese paradigma as lens gebruik waardeur oordrag van leesbegripstrategieë binne die Leesnet-program na Geografie ondersoek word. Die verband tussen metakognise en sosiale konstruktivisme is dat kritiese denke deur middel van interaktiewe refleksie lei tot die gedurige skep van betekenis. In hierdie studie behels dit dat kennis en insig ontwikkel word deur kognitiewe prosesse wat ondersteun word deur interaksies tussen studente en tussen studente en dosente (Carr &

Biddlecomb, 1998:71). Binne die beskrywing van sosiale konstruktivisme word studente bemagtig om metakognitief op ‘n gesofistikeerde wyse te lees met begrip (Block & Pressley, 2008:291-305).

Funksionele elemente waaraan in hierdie afdeling aandag gegee is, is kenniskonstruksie en betekenisvorming deur middel van kommunikasie en sosialisering, die sosiaal-

HOOFSTUK 3: Literatuurstudie

samewerkende omgewing en die interaktiewe en persoongesentreerde aard van leer.

Vervolgens is daar ook klem gelê op die konteks, die doel van die student asook die feit dat kennis en betekenis sosiaal deur middel van onderhandeling, evaluering en transformasie gekonstrueer word.

Die Leesnet-program, wat vir die doeleindes van hierdie studie benut was, sal vervolgens beskryf word.