Die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika
C Kruger
orcid.org/0000-0003-1388-5269
Verhandeling aanvaar ter nakoming vir die graad
Magister Artium in Algemene Taal- en Literatuurwetenskap aan die Noordwes-Universiteit
Supervisor: Prof AS Coetzee van Rooy
Graduation: Oktober 2018
Student number:
22613412
BEDANKINGS
Aan God die Vader, dankie dat U my hand so stewig vasgehou het en die weg so mooi vir my gebaan het. Dankie aan die bediening waar ek dien, jul ondersteuning en omgee waardeer ek uit die diepte van my hart.
Waar sal ek begin om dankie te sê aan my studieleier, prof. Susan? Baie baie dankie vir ALLES. Dankie vir die ontspanne ruimte wat prof. vir my geskep het om te dink, te leer en te groei. Dankie vir prof. se entoesiasme en optimisme oor hierdie studie. Prof. jou verstommende kennis, wysheid en besondere manier om perspektief te skep oor dinge akademies en selfs net blote menswees dien as ʼn baken vir my, waarvoor ek tot in ewigheid dankbaar sal wees. Dankie dat prof. altyd bereid was om my tydige en ontydige vrae te beantwoord, ek waardeer dit so baie.
You are a thing of beauty, soos Fishman sal sê.
Baie dankie aan elke deelnemer wat aan hierdie studie deelgeneem het. Baie dankie vir jul tyd, jul deelname en die vriendelike wyse waarop julle my ontvang het. Dankie vir die heuning, piesangbrood, verwysings en Suid-Sotho-hulpmateriaal wat julle so vrylik met my gedeel het. Sonder julle sou hierdie studie nie moontlik gewees het nie.
Dankie aan Jackie en Deidré wat ingespring het om met die transkripsies te help toe my vingers nie meer kon tik en die ore nie meer wou luister nie. Dankie dat julle my soveel tyd gespaar het, ek waardeer dit ontsettend baie.
Wendy, dankie vir die redigering van hierdie teks en dankie vir jou aanmoediging om altyd ʼn tree verder te gaan.
Aan Theresa, tannie Christine en tannie Daleen, baie dankie dat julle my met al die administrasie kon uithelp en dankie dat julle ook gereeld ʼn tydjie afgestaan het vir ʼn vinnige gesels.
Baie dankie aan Rickus, Ian, Jacques, Gordon, Aldine, Johanita, Zhandi, Steph, Nicole, Mari-Leigh, Maristi, Esté, Marqia, Nadine, prof. Nel, Wouter, Wendy en al die kerkmense wat op verskeie maniere van groot hulp was, hetsy dit deur IT hulp aan
te bied of om bronne en potensiële deelnemers op te spoor. Ek waardeer jul hulp vreeslik baie.
Oom Sydney, dankie vir die oor toe dinge bietjie skuins begin trek het.
Theresa, Theneka, Ma Luka en Debra, baie dankie dat julle gereeld kom inloer het terwyl ek hard aan die werk was.
Nadine en Marqia, duisend dankies vir al jul bystand, vriendskap en nodige kuiers waar die batterye herlaai kon word. Nadine, dankie dat jy op ʼn stadium jou office space met my gedeel het en ʼn oog oor my gehou het toe ek nie lekker by was nie.
Dankie aan my friendo, Kea. Friend, without you by my side every single day, I would not have had the courage and strength to complete this task. I appreciate your support and friendship so much. Re tla ba strong. Dankie aan Esté vir al jou ondersteuning, opvangsessies en nodige uitstappies. Wouter, dankie vir al die nuusberigte waartoe ek nie toegang gehad het nie. Charné en Jackie, dankie vir al jul bystand en ondersteuning. Arne en Oliver, dankie vir die oneindige belangstelling en ondersteuning.
Baie baie dankie aan my wonderlike familie, dié wat nog met ons is en dié wat nie meer met ons is nie. Dankie vir al jul vertroue en aanmoediging. Dankie aan my ouma Doll wat nog gereeld kom kuier en die lig bring. Ouma, ek sit nog voor die tikmasjien...
Amy en Roxy, dankie dat julle my laat lag en die fynerige dinge in die lewe waardeer.
Dankie dat julle dag en nag oor my waak en altyd regstaan vir ʼn bal gooi, vryfsessie of parkrun. Dankie aan Vicky en Nunu vir die agtergrondmusiek wanneer julle rustig fluit of ʼn nuwe frase kwyt raak.
Aan my dierbare ouers ... eish, wat kan ek sê. Ek het nie woorde om dankie te sê vir alles nie. Dankie vir jul onvoorwaardelike liefde, aanmoediging en vertroosting. Ek sal nooit genoeg kan dankie sê vir alles wat julle vir my doen en beteken nie. Julle is my ankers.
Baie dankie aan Bertus en Anneke wat werksgeleenthede op kampus moontlik gemaak het.
Dankie aan die biblioteekpersoneel, Martie Esterhuizen, Ishe Muzvondiwa, Dennis Mabena en Dannyboy Moloto vir die werkswinkels en die opspoor van bronne waartoe ek nie toegang gehad het nie.
Aan die eksamineerders: Vreeslik dankie dat julle tyd afgestaan het om hierdie studie te eksamineer en waardevolle insette te lewer. Ek waardeer dit opreg.
Baie dankie aan die NWU-VDK, UPSET, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Departement van Kuns en Kultuur vir die finansiële ondersteuning. Hierdie beurse het die voltooiing van hierdie verhandeling aansienlik makliker gemaak.
OPSOMMING
Die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika
Suid-Afrika bestaan uit ʼn komplekse linguistiese landskap wat superdivers van aard is. As meertalige land met 11 amptelike tale kan linguistiese akkommodasie nie altyd tussen swart en wit Suid-Afrikaners plaasvind nie. Sou wit Suid-Afrikaners die vermoë hê om ʼn Afrikataal te kan gebruik, sal dit kommunikasie tussen swart en wit Suid-Afrikaners vergemaklik wat sosiale integrasie in Suid-Afrika kan bevorder. Met die posisionering van hierdie studie in taalsosiologie, word die gebruik van taal, veral ʼn Afrikataal, ondersoek om te bepaal hoe sosiale integrasie deur taal bevorder kan word.
Hierdie studie fokus spesifiek op sosiale integrasie wat eerstens in ʼn gemeenskap moet plaasvind, voordat sosiale samesyn verder bestudeer kan word. Om die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika te bestudeer, het 46 wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners aan hierdie studie deelgeneem. Die deelnemers is genader deur middel van die sneeubaleffek-metode. Die deelnemers het ʼn reeks kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsinstrumente voltooi, naamlik: ʼn biografiese en taalrepertoirevraelys, ʼn taalportret en ʼn individuele onderhoud. Al die geslote vrae in die biografiese en taalrepertoirevraelys is deur middel van Statistica geanaliseer deurdat frekwensies vir antwoorde bereken is en die oop vrae is deur middel van Atlas.ti gekodeer om die meer gereelde temas te identifiseer. Om die oop vrae in die taalportretdata te analiseer en te interpreteer, is die taalportretdata gekwantifiseer en deel twee van die individuele onderhoude wat oor die taalportret gehandel het, is deur Atlas.ti gekodeer. Die oop vrae in deel drie en deel vier van die individuele onderhoude is ook deur middel van Atlas.ti gekodeer. Hierdie studie het gebruik gemaak van die gemengdemetode-benadering waar die kwalitatiewe en kwantitatiewe datastelle getrianguleer is. Die beduidendste bevindinge is vanuit die trianguleringsproses onttrek.
Die hoofbevindinge van hierdie studie is dat daar ʼn definitiewe verband tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika is. Die kennis van ʼn Afrikataal stel die deelnemers in Groepe A1 en E1 in staat om makliker met swart Suid-Afrikaners te
kommunikeer en te integreer. Die deelnemers in Groepe A2 en E2 se vermoë om te integreer met swart Suid-Afrikaners is beperk omdat hulle nie ʼn Afrikataal ken nie.
Die deelnemers in Groepe A2 en E2 in die studie dui aan dat hulle graag ʼn Afrikataal sou wou leer sodat hulle makliker kan kommunikeer en in die Suid-Afrikaanse samelewing integreer. Vanuit die deelnemers se taalhoudings en persepsies is dit duidelik dat aanvullende meertaligheid van kardinale belang is, dus moet Suid- Afrikaners taalvaardighede in Afrikaans, Engels en ʼn Afrikataal hê om optimaal te kan integreer. Op individuele en nasionale vlak speel ʼn Afrikataal ʼn groot rol vir die deelnemers omdat hulle van mening is dat die Afrikataal deel is van hul identiteit en dat ʼn Afrikataal deel is van Suid-Afrikanerskap.
Weens die belangrikheid van aanvullende meertaligheid, kommunikasie en identiteit, is taalbeplanning van kardinale belang in Suid-Afrika. In die toekoms moet daar geleenthede in die werksdomein en op onderrigvlak geskep word sodat wit Suid- Afrikaners ʼn geleentheid gegun kan word om ʼn Afrikataal te leer. Hierdie kennis van ʼn Afrikataal sal in die langtermyn wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners in staat stel om optimaal met swart Suid-Afrikaners te integreer wat toleransie en rekonsiliasie sal bevorder.
Sleutelterme: Sosiale integrasie, taalhoudings en persepsies, aanvullende meertaligheid, taalrepertoire en identiteit
ABSTRACT
The relationship between language and social integration in South Africa
South Africa is a superdiverse country consisting of a complex linguistic landscape.
As a multilingual country with 11 official languages, linguistic accommodation can be hampered between black and white South Africans. If white South Africans had linguistic competence in an African language, communication between black and white South Africans would be easier and social integration in South Africa could be promoted. With the positioning of this study in the field of the sociology of language, the use of language, particularly an African language, is investigated to determine how social integration is advanced through language.
This study focuses specifically on social integration in a community, before social cohesion can take place. In order to study the relationship between language and social integration in South Africa, 46 white Afrikaans and English South Africans participated in this study. These participants where approached by means of snowball sampling. The participants completed qualitative and quantitative research instruments, which consisted of a biographical and language repertoire questionnaire, a language portrait and an individual interview. All the closed questions in the biographical and language repertoire questionnaire were analysed by calculating the frequencies of answers in Statistica, the language portrait data were quantified by indicating the frequencies for answers and the open questions in part two of the individual interview regarding the language portrait were coded by means of Atlas.ti to determine the prominence of the emerging themes. The open questions in part three and four of the individual interview were also coded by means of Atlas.ti. This study followed the mixed method approach, where the qualitative and quantitative datasets were triangulated in order to determine the main research findings.
The main research finding of this study is that there is a definite relationship between language and social integration in South Africa. The knowledge of an African language allows the participants in Groups A1 and E1 to communicate and integrate
with black South Africans. The lack of knowledge of an African language limits the participants in Groups A2 and E2 to communicate and integrate with black South Africans and the participants in this study express the wish to also know an African language in order to communicate and integrate with more ease. The language attitudes and perceptions of the participants indicate the importance of additive multilingualism in South Africa. The participants are of the opinion that a South African should know Afrikaans, English and an African language in order for integration to take place. African languages are also part of the individual identity for the participants who know an African language and African languages are in general regarded as being South African.
Due to the importance of additive multilingualism, communication and identity, language planning plays an important role to ensure that white South Africans are granted an opportunity in the work or education domain to learn African languages.
The knowledge of an African language will enable white Afrikaans and English speaking South Africans to optimally integrate with black South Africans, which will advance tolerance and reconciliation in South Africa.
Key words: Social integration, language attitudes and perceptions, additive multilingualism, language repertoire and identity
INHOUDSOPGAWE
BEDANKINGS ... I OPSOMMING ... IV ABSTRACT ... VI
HOOFSTUK 1: INLEIDING, KONTEKSTUALISERING EN
PROBLEEMSTELLING ... 1
1.1 Kontekstualisering ... 1
1.2 Probleemstelling ... 4
1.3 Navorsingsvrae ... 6
1.4 Doelstellings ... 6
1.5 Breë navorsingsbenadering ... 6
1.5.1 Literatuurstudie ... 7
1.5.2 Metodologie... 8
1.5.2.1 Die deelnemers ... 9
1.5.2.2 Navorsingsterrein ... 10
1.5.2.3 Navorsingsinstrumente ... 11
1.5.2.3.1 Biografiese en taalrepertoirevraelys ... 12
1.5.2.3.2 Die taalportret ... 12
1.5.2.3.3 Individuele onderhoude ... 13
1.5.2.4 Navorsingsprosedure ... 13
1.5.2.4.1 Analisemetode ... 14
1.6 Etiek ... 14
1.7 Die bydrae van hierdie studie ... 15
1.8 Hoofstukindeling ... 15
HOOFSTUK 2: POSISIONERING VAN HIERDIE STUDIE ... 17
2.1 Taalsosiologie ... 17
2.2 Sosiolinguistiek ... 20
2.3 Toegepaste taalkunde ... 21
2.3.1 Taalverwerwing vs. taalaanleer ... 22
2.1.1.1 Taalverwerwing vs. taalaanleer in die Suid-Afrikaanse konteks ... 23
2.1.1.2 T2-verwerwing: Informele en formele leeromgewings ... 26
2.2 Bruikbare konsepte uit toegepaste taalkunde ... 27
2.2.1 Taalsosiologie en die sosiopsigologiese model ... 28
2.2.2 Taalsosiologie en die akkulturasiemodel ... 30
2.2.3 Taalsosiologie en die sosialekonteksmodel ... 33
2.2.4 Taalsosiologie en die intergroepmodel ... 34
2.2.5 Samevatting van die bruikbare konsepte uit toegepaste taalkunde ... 36
2.3 Kritiek teen toegepaste taalkunde, sosiolinguistiek en taalsosiologie ... 37
2.4 Posisionering van hierdie studie in taalsosiologie ... 41
2.5 Slot ... 41
HOOFSTUK 3: LITERATUUROORSIG VAN DIE KERNKONSEPTE VAN BELANG VIR HIERDIE STUDIE... 43
3.1 Sosiale integrasie vs. sosiale samesyn ... 43
3.1.1 Sosiale integrasie ... 47
3.1.2 Sosio-ekonomiese integrasie ... 55
3.1.3 Die Suid-Afrikaanse grondwet en sosiale integrasie ... 57
3.1.4 Samevatting ... 59
3.2 Gemeenskap ... 60
3.2.1 Domein ... 61
3.2.2 Diglossie ... 63
3.3 Taalrepertoire ... 64
3.3.1 Eentaligheid ... 66
3.3.2 Tweetaligheid ... 67
3.3.2.1 Tweetalige taalrepertoire en domein ... 70
3.3.2.2 Tweetalige taalvaardighede ... 71
3.3.2.3 ʼn Taalgebruiker se taalvlotheidskontinuum ... 71
3.3.2.4 Taalmodus ... 72
3.3.3 Meertaligheid ... 74
3.3.3.1 “Biliteracy continua” ... 74
3.3.3.2 Vlakke van meertaligheid ... 76
3.3.3.2.1 Afgestompte en gefossileerde meertaligheid ... 76
3.3.4 Taalrepertoire: ʼn Definisie vir hierdie studie ... 79
3.4 Taalhoudings ... 81
3.4.1 Taalhoudings oor Afrikatale ... 82
3.4.2 Taalhoudings oor Engels ... 85
3.4.3 Taalhoudings oor Afrikaans ... 86
3.5 Identiteit ... 89
3.5.1 Naam en identiteit ... 90
3.6 Taalbeplanning ... 91
3.7 Slot ... 94
HOOFSTUK 4: METODOLOGIE ... 96
4.1 Benadering ... 96
4.1.1 Filosofiese uitgangspunt ... 97
4.1.2 Die gemengdemetode-benadering ... 97
4.1.2.1 Die kwalitatiewe navorsingsbenadering ... 98
4.1.2.2 Die kwantitatiewe navorsingsbenadering ... 99
4.1.2.3 Die gemengdemetode-benadering en triangulering ... 100
4.1.2.4 Rasionaal vir die gebruik van die gemengdemetode-benadering... 105
4.2 Literatuuroorsig ... 106
4.2.1 Die posisionering van hierdie studie in taalsosiologie ... 106
4.2.2 Die posisionering van hierdie studie in taal en sosiale integrasie... 107
4.3 Empiriese projek ... 107
4.3.1 Die Vaaldriehoek ... 108
4.3.2 Die deelnemers ... 109
4.3.3 Instrumente ... 110
4.3.3.1 Die biografiese en taalrepertoirevraelys ... 111
4.3.3.2 Die taalportret ... 112
4.3.3.3 Die individuele onderhoud ... 113
4.3.4 Insameling van data ... 114
4.3.4.1 Identifisering van die deelnemers ... 114
4.3.4.2 Die biografiese en taalrepertoirevraelys en die taalportret ... 115
4.3.4.3 Individuele onderhoud ... 120
4.3.5 Data-analise ... 121
4.3.5.1 Die biografiese en taalrepertoirevraelys ... 126
4.3.5.2 Die taalportret ... 127
4.3.5.3 Die individuele onderhoud ... 131
4.3.6 Die dataversadigingspunt ... 132
4.3.7 Etiese sorg ... 134
4.3.7.1 Ingeligte toestemming van die deelnemers ... 134
4.3.7.2 Dataversameling, analisering, rapportering en stoor van die inligting ... 135
4.3.8 Geldigheid en betroubaarheid ... 136
4.3.9 Slot ... 139
HOOFSTUK 5: AANBIEDING VAN DIE BEVINDINGE ... 141
5.1 Die biografiese en taalrepertoirevraelys ... 142
5.1.1 Die deelnemers ... 142
5.1.2 Die deelnemers se huistale ... 145
5.1.3 Die deelnemers se taalrepertoire ... 149
5.1.4 Die deelnemers se taalvaardighede ... 154
5.1.5 Die deelnemers se motivering om ʼn taal te leer ... 161
5.1.5.1 Groep A1: Motivering vir die leer van Afrikaans, Engels en ʼn Afrikataal ... 161
5.1.5.2 Groep A2: Motivering vir die leer van Afrikaans en Engels ... 165
5.1.5.3 Groep E1: Motivering vir die leer van Engels, Afrikaans en ʼn Afrikataal ... 167
5.1.5.4 Groep E2: Motivering vir die leer van Engels en Afrikaans ... 170
5.1.5.5 Opsomming ... 173
5.1.6 Die deelnemers se taalaanleerouderdomme ... 174
5.1.7 Bydraende faktore tot die leer en blootstelling aan die deelnemers se sterkste tale ... 176
5.1.7.1 Faktore wat bygedra het tot die leer van die deelnemers se sterkste tale ... 177
5.1.7.2 Faktore wat die deelnemers tans blootstel aan hul sterkste tale ... 182
5.1.7.3 Opsomming ... 187
5.1.8 Die deelnemers se taalhoudings ... 188
5.1.9 Die deelnemers se taalhoudings en persepsies oor tale in Suid-
Afrika ... 193
5.1.10 Opsomming ... 199
5.2 Die taalportret ... 202
5.2.1 Groep A1: Afrikaans, Engels en ʼn Afrikataal ... 203
5.2.2 Groep A2: Afrikaans en Engels ... 211
5.2.3 Groep E1: Engels, Afrikaans en ʼn Afrikataal ... 216
5.2.4 Groep E2: Engels en Afrikaans ... 221
5.2.5 Opsomming ... 228
5.3 Individuele onderhoud ... 231
5.3.1 Individuele onderhoud deel drie ... 231
5.3.1.1 Groepe A1 en E1 ... 232
5.3.1.1.1 Opsomming ... 242
5.3.1.2 Groepe A2 en E2 ... 244
5.3.1.2.1 Opsomming ... 254
5.3.1.3 Samevatting ... 256
5.3.2 Individuele onderhoud deel vier ... 257
5.3.2.1 Groep A1 ... 258
5.3.2.1.1 Persepsies van swart Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 258
5.3.2.1.2 Persepsies van wit Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 262
5.3.2.1.3 Persepsies oor swart en wit immigrante ... 266
5.3.2.1.4 Taalhoudings en identiteitspersepsies oor Afrikatale ... 269
5.3.2.2 Groep A2 ... 276
5.3.2.2.1 Persepsies van swart Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 276
5.3.2.2.2 Persepsies van wit Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 279
5.3.2.2.3 Persepsies oor swart en wit immigrante ... 283
5.3.2.2.4 Taalhoudings en identiteitspersepsies oor Afrikatale ... 286
5.3.2.3 Groep E1 ... 293
5.3.2.3.1 Persepsies van swart Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 293
5.3.2.3.2 Persepsies van wit Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 297
5.3.2.3.3 Persepsies oor swart en wit immigrante ... 302
5.3.2.3.4 Taalhoudings en identiteitspersepsies oor Afrikatale ... 305
5.3.2.4 Groep E2 ... 312
5.3.2.4.1 Persepsies van swart Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 312
5.3.2.4.2 Persepsies van wit Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 316
5.3.2.4.3 Persepsies oor swart en wit immigrante ... 319
5.3.2.4.4 Taalhoudings en identiteitspersepsies oor Afrikatale ... 323
5.3.2.5 Opsomming ... 329
5.4 Triangulering van die bevindinge ... 344
5.5 Samevatting ... 349
HOOFSTUK 6: BEVINDINGE EN INTERPRETASIE ... 351
6.1 Navorsingsvraag twee: Taalhoudings en persepsies van taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika ... 352
6.1.1 Taalhoudings en persepsies oor Afrikaans en Engels ... 353
6.1.1.1 Familie en die huis as domein vir die leer en gebruik van Afrikaans en Engels ... 353
6.1.1.2 Afrikaans en Engels as deel van die deelnemers se identiteit ... 356
6.1.1.3 Die verband tussen taal en kultuur ... 358
6.1.1.4 Verskillende vorme van kommunikasie in Afrikaans en Engels... 360
6.1.1.5 Engels in die media as domein ... 363
6.1.1.6 Afrikaans en Engels as akademiese tale ... 364
6.1.1.7 Opsomming ... 367
6.1.2 Taalhoudings en persepsies oor Afrikatale ... 368
6.1.2.1 Die huis as domein vir die leer en gebruik van Afrikatale ... 368
6.1.2.2 Afrikataal as deel van die individuele en nasionale identiteit ... 371
6.1.2.3 Die verband tussen taal en kultuur ... 374
6.1.2.4 Afrikataal as kommunikasietaal ... 375
6.1.2.5 Afrikatale as akademiese en nie-akademiese tale ... 378
6.1.2.6 Gebrek aan taalblootstelling vir Groepe A2 en E2 ... 380
6.1.2.7 Afrikatale en sosiale integrasie in Suid-Afrika ... 381
6.1.2.8 Opsomming ... 385
6.1.3 Persepsies van swart en wit Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 386
6.1.3.1 Persepsies van swart Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 387
6.1.3.2 Persepsies van wit Afrikataalsprekende en nie-
Afrikataalsprekende Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 388
6.1.3.3 Persepsies oor swart en wit immigrante ... 390
6.1.3.4 Opsomming ... 391
6.2 Samevatting ... 392
6.3 Navorsingsvraag een: Die verband tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika ... 394
6.4 Navorsingsvraag drie: Implikasies en beplanning vir taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika ... 399
6.5 Slot ... 403
HOOFSTUK 7: SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING ... 407
7.1 Bevindinge: ʼn Opsomming ... 407
7.2 Bydrae van hierdie studie ... 414
7.3 Beperkinge van hierdie studie ... 415
7.4 Verdere studiemoontlikhede... 416
7.5 Slot ... 417
BRONNELYS ... 418
ADDENDUM A: BIOGRAFIESE EN TAALREPERTOIREVRAELYS ... 443
ADDENDUM B: INDIVIDUELE ONDERHOUDVRAE ... 460
ADDENDUM C: POPULASIEGROEPE EN EERSTE TAAL (NUMERIESE UITEENSETTING) ... 464
ADDENDUM D: TRANSKRIPSIETOTALE ... 465
ADDENDUM E: NUMERIESE UITEENSETTING VAN DIE TAALPORTRETTE ... 466
ADDENDUM F: TAALPOSISIE EN KLEUR VAN TAALPORTRETTE ... 469
ADDENDUM G: TALE WAT DIE DEELNEMERS 4DE, 5DE, 6DE EN 7DE GELEER HET ... 470
ADDENDUM H: GROEP A1 - TAALPORTRETTE ... 471
ADDENDUM I: GROEP A2 - TAALPORTRETTE ... 473
ADDENDUM J: GROEP E1 - TAALPORTRETTE... 475
ADDENDUM K: GROEP E2 - TAALPORTRETTE ... 476
ADDENDUM L: KODERINGSLYS VAN DIE TAALPORTRETPOSISIES ... 478 ADDENDUM M: KODERINGSLYS VAN DIE TAALPORTRETKLEUR ... 480
ADDENDUM N: KODERINGSLYS VIR DEEL TWEE VAN DIE INDIVIDUELE
ONDERHOUD ... 482
ADDENDUM O: KODERINGSLYS VIR DEEL DRIE VAN DIE INDIVIDUELE
ONDERHOUD ... 486
ADDENDUM P: KODERINGSLYS VIR DEEL VIER VAN DIE INDIVIDUELE
ONDERHOUD ... 491
ADDENDUM Q: KODERINGSLYS VAN DIE OOP VRAE IN DIE
BIOGRAFIESE EN TAALREPERTOIREVRAELYS ... 501
ADDENDUM R: TRIANGULERINGSNOTAS ... 504
LYS VAN TABELLE
Tabel 3.3.1: Repertoiredefinisies ... 65
Tabel 3.3.2: Tweetalige taalvaardighede vanuit Baker (2001:5) ... 71
Tabel 3.3.3: Afrikaanse gemeenskapsmatriks volgens Eloff (2007) ... 87
Tabel 4.1: Voorbeeld van die trianguleringstabel ... 105
Tabel 4.2: Eerste taal van Suid-Afrikaners in Gauteng (Sensus, 2011:27) ... 109
Tabel 4.3: Deelnemerskriteria ... 110
Tabel 4.4: Afspraakskedule ... 116
Tabel 4.5: Kodes vanuit die literatuur ... 123
Tabel 4.6: Intra-beoordeelaarsbetroubaarheidsberekening ... 139
Tabel 5.1: Populasiegroep soos aangedui deur die deelnemers ... 144
Tabel 5.2: Huistale van die deelnemers ... 145
Tabel 5.3: Addisionele huistale van die deelnemers ... 146
Tabel 5.4: Eersgenoemde familielid/huismaat in die huishouding ... 146
Tabel 5.5: Tale wat die eersgenoemde familielid/huismaat in die huis gebruik ... 147
Tabel 5.6: Tale wat die eersgenoemde familielid/huismaat ken ... 147
Tabel 5.7: Tweede verwysing na familielede ... 148
Tabel 5.8: Tale wat die tweede genoemde familielede in die huis gebruik ... 148
Tabel 5.9: Addisionele tale wat die tweede genoemde familielid/huismaat ken ... 149
Tabel 5.10: Aantal tale wat die deelnemers ken ... 150
Tabel 5.11: Tale in die deelnemers se taalrepertoire ... 150
Tabel 5.12: Tale wat die deelnemers eerste aangeleer het ... 151
Tabel 5.13: Tale wat die deelnemers tweede aangeleer het ... 153
Tabel 5.14: Tale wat die deelnemers derde aangeleer het ... 153
Tabel 5.15: Die deelnemers se sterkste taal ... 155
Tabel 5.16: Die deelnemers se tweede sterkste taal ... 157
Tabel 5.17: Die deelnemers se derde sterkste taal ... 159
Tabel 5.18: Makrokodes vir Afrikaans ... 344
Tabel 5.19: Makrokodes vir Engels ... 346
Tabel 5.20: Makrokodes vir ʼn Afrikataal ... 348 Tabel 6.1: Tipes wit Afrikataalsprekende en nie-Afrikataalsprekende Suid-Afrikaners 384
LYS VAN FIGURE
Figuur 3.1: Tabel vanuit Hofmeyr en Govender (2015:17) ... 57
Figuur 3.2: Taalgebruikkontinuum vanuit Grosjean (2010:23) ... 72
Figuur 3.3: Taalmodus vanuit Grosjean (2010:40) ... 73
Figuur 4.1: Die aansluitende parallelle-benadering tot die gemengdemetode- benadering ... 101
Figuur 4.2: Dataversamelingsprosedure ... 102
Figuur 4.3: Voorstelling van die koderingsproses ... 124
Figuur 4.4: Benadering tot frekwente kodes ... 125
Figuur 4.5: Numeriese uitbeelding van die taalportret ... 128
Figuur 5.1: Groep A1 – Motivering vir taalaanleer ... 162
Figuur 5.2: Groep A2 – Motivering vir taalaanleer ... 165
Figuur 5.3: Groep E1 – Motivering vir taalaanleer ... 168
Figuur 5.4: Groep E2 – Motivering vir taalaanleer ... 171
Figuur 5.5: Taalportrette van deelnemers AEA2, AEA4 en AEA10 ... 203
Figuur 5.6: Taalportrette van die deelnemers AE1; AE2; AE7 ... 211
Figuur 5.7: Taalportrette van die deelnemers EAA1; EAA4; EAA8 ... 216
Figuur 5.8: Taalportrette van die deelnemers EA4; EA7; EA10 ... 222
Figuur 5.9: Taalhoudings en persepsies oor Afrikaans ... 228
Figuur 5.10: Taalhoudings en persepsies oor Engels ... 229
Figuur 5.11: Taalhoudings en persepsies oor ʼn Afrikataal ... 230
Figuur 5.12: Waarom Groepe A1 en E1 ʼn Afrikataal ken ... 242
Figuur 5.13: Waarom Groepe A2 en E2 nie ʼn Afrikataal ken nie ... 255
Figuur 5.14: Persepsies van swart Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 330
Figuur 5.15: Persepsies van wit nie-Afrikataalsprekende Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2 ... 332
Figuur 5.16: Persepsies van wit Afrikataalsprekende Suid-Afrikaners oor Groepe A1, A2, E1 en E2... 334
Figuur 5.17: Wit Suid-Afrikaners se taalhoudings oor Afrikatale ... 336
Figuur 5.18: Persepsies oor swart en wit immigrante ... 338
Figuur 5.19: Persepsies van Groep A2 en E2 oor hul identiteit as Afrikane ... 340
Figuur 5.20: Identiteit en die Afrikataal ... 341
Figuur 5.21: Die verband tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika ... 342
LYS VAN GRAFIEKE
Grafiek 5.1: Verspreiding van die deelnemers se geslag ... 143
Grafiek 5.2: Ouderdomme van deelnemers ... 144
Grafiek 5.3: Afrikaans en Engels as sterkste taal ... 156
Grafiek 5.4: Afrikaans, Engels, Shona of Suid-Sotho as tweede sterkste taal... 158
Grafiek 5.5: Suid-Sotho, Zulu en Noord-Sotho as derde sterkste taal ... 160
Grafiek 5.6: Taalaanleerouderdomme van die deelnemers ... 175
Grafiek 5.7: Faktore wat bygedra het tot die leer van Afrikaans en Engels as sterkste taal ... 177
Grafiek 5.8: Faktore wat bygedra het tot die leer van Afrikaans, Engels, Shona en Suid-Sotho as tweede sterkste taal ... 179
Grafiek 5.9: Faktore wat bygedra het tot die leer van Suid-Sotho, Zulu en Noord- Sotho as derde sterkste taal ... 181
Grafiek 5.10: Faktore wat tans bydra tot die blootstelling aan Afrikaans en Engels as sterkste taal ... 183
Grafiek 5.11: Faktore wat tans bydra tot die blootstelling aan Afrikaans, Engels, Shona en Suid-Sotho as tweede sterkste taal ... 184
Grafiek 5.12: Faktore wat tans bydra tot die blootstelling aan Suid-Sotho, Zulu en Noord-Sotho as derde sterkste taal... 186
Grafiek 5.13: Die deelnemers se taalhoudings oor hul sterkste taal ... 189
Grafiek 5.14: Die deelnemers se taalhoudings oor hul tweede sterkste taal ... 191
Grafiek 5.15: Die deelnemers se taalhoudings oor hul derde sterkste taal ... 192
Grafiek 5.16: Belangrikheid om meer as een taal in Suid-Afrika te ken ... 194
Grafiek 5.17: Aantal tale wat ʼn Suid-Afrikaner moet kan praat ... 196
Hoofstuk 1
INLEIDING, KONTEKSTUALISERING EN PROBLEEMSTELLING
Die linguistiese landskap van Suid-Afrika is ʼn komplekse ruimte waar verskillende tale, rasse en kulture in kontak met mekaar is. Die linguistiese landskap dien as merker van ʼn geografiese terrein, waar ʼn gemeenskap ʼn bepaalde taal gebruik (Landry & Bourhis, 1997:25)1. Voorts maak die taalteenwoordigheid, taalmark, linguistiese ekologie en die diversiteit van tale en taalsituasies (Kadenge, 2015:30) ook deel van ʼn linguistiese landskap uit. Die linguistiese landskap wat in hierdie studie ondersoek word, is die Vaaldriehoek in Gauteng. Die taalhoudings en persepsies van die deelnemers wat in die Vaaldriehoek woonagtig is, word bestudeer. Deur hierdie ondersoek sal die verhoudings tussen taal en sosiale integrasie beter verstaan word, veral in terme van hoe die samelewing taal gebruik om sosiale integrasie te bevorder, of selfs te belemmer.
1.1 Kontekstualisering
Mesthrie (2002:11) verduidelik dat verskeie taalfamilies, soos die Niger-Kongo, Indo- Europese tale, Khoisan en Suid-Afrikaanse Gebaretaal, in Suid-Afrika aangetref kan word. Afrikatale wat aan die Niger-Kongo taalfamilie behoort, bestaan uit die grootste deel van Suid-Afrika se linguistiese landskap. Hierdie tale is die Ngunitaalfamilie (Zulu2, Xhosa, Swati en Ndebele); die Sothotaalfamilie (Noord-Sotho, Suid-Sotho en Setswana) asook Xitsonga en Tshivenda. Die Indo-Europese taalfamilie bestaan uit die Germaanse tale (Engels, Afrikaans, Duits en Nederlands), Romaanse tale (Portugees en Italiaans), Oos-Europese tale (Pools) en Indiese tale (Hindi/Urdu, Goedjarati en Konkani). Ander taalfamilies waarna Mesthrie (2002:11) verwys, is die Dravidiese (Tamil en Telugu) en Polinesiese taalfamilie (Maleis en Malgassies). Daar is verskeie variëteite en dialekte van tale soos die Koinetale in die stadsgemeenskappe (“townships”)3, Afrikaans onder die
1 Daar word in ag geneem dat linguistiese landskap ook verwys na padtekens en simbole in ʼn bepaalde omgewing. Vir die doel van hierdie studie sal die gebruik van die term ‘linguistiese landskap’ slegs verwys na verskeie tale wat in ʼn land of omgewing gebruik word.
2 Volgens die HAT (2009) word ‘Zulu’ en ‘Zoeloe’ as spelvariante in Afrikaans aanvaar. In hierdie verhandeling word Zulu gebruik.
3ʼn Dorpsgebied of “township”, is ʼn beplande stedelike gebied waar die swart bevolkingsgroep woonagtig is (HAT, 2009).
bruin gemeenskap4 en daar word verskillende variëteite van Engels in Suid-Afrika gebruik. Arabies, Sanskrit en Hebreeus word ook vir religieuse doeleindes (Reagan, 2002:421) in sommige Suid-Afrikaanse gemeenskappe gebruik.
Volgens Murray (2002:434) ondergaan Suid-Afrika ʼn groot verandering om weg te beweeg vanaf sterk grense tussen tale en mense, en veel eerder nader te beweeg aan:
those that encourage people to learn and use many languages to communicate with each other. South Africans – a descriptor which only now includes everyone in South Africa – are urged to discard their old singular identities, rooted in an intimate bonding of race, language and culture, in order to embrace a more complex sense of self.
Murray (2002:434) skryf dat meertaligheid die onafskeidbaarheid van tale, kulture en identiteite uitdaag, om die nuwe identiteit van die nuwe Suid-Afrika aan te neem. Hierdie nuwe identiteit wat Suid-Afrikaners moet aanneem, sluit ʼn duidelike wegbeweeg van die ou maniere van dink in rondom die “intimate bonding of race, language and culture”
(Murray, 2002:434) wat moet lei na die aanvaarding en viering van “a more complex sense of self” (Murray, 2002:434). Ná 1994, die einde van apartheid, word meertaligheid gekoester omdat dit ʼn simbool geword het van samesyn tussen alle Suid-Afrikaners (Coetzee-Van Rooy, 2016); dus word Suid-Afrika deur baie as ʼn reënboognasie beskou.
Sedert 1994 is Suid-Afrika aktief besig om linguistiese diversiteit aan te moedig (Busch, 2010:284) sodat Suid-Afrikaners meer tale kan aanleer, wat kommunikasie vergemaklik (Murray, 2002:434). Mesthrie (2002:23) is van mening dat “[t]he country’s new constitution, passed in 1996, placed emphasis on the link between language, culture and development in its recognition of eleven languages for official purposes”. Meertaligheid word as ʼn waardevolle bate beskou, veel eerder as eentaligheid, daarom spog Suid- Afrika met 11 amptelike landstale. Die 11 amptelike landstale sluit Afrikaans en Engels, sowel as nege addisionele Afrikatale in (Mesthrie, 2002:23). Weens die dinamiese perspektief op taal en kultuur word meertaligheid as ʼn bate en hulpmiddel beskou, wat die aanleer van meer tale bewerkstellig en mense in staat stel om makliker met mekaar te kommunikeer (Murray, 2002:434). Volgens Heugh (2002a:449-450) is Suid-Afrika:
4 Volgens Le Cordeur (2011:759) is die term ‘Kleurling’ deur die apartheidswetgewing gebruik en die HAT (2009) verwys na hierdie term as rassisties, dus sal die term ‘bruin’ gebruik word.
in the pioneering position of now recognising eleven official languages, more than any other country; and its new constitution (1996) together with the Pan South African Language Board Act (1995) and a later amendment to this Act impel, in principle, the promotion of respect for other languages as well as the promotion of multilingualism and the development of languages.
Met die klem wat op meertaligheid, taalaanleer en kommunikasie tussen mense gelê word, is die verhouding tussen taal en sosiale integrasie van belang. Daar moet in ag geneem word dat sosiale samesyn beïnvloed word deur sosiale integrasie, dus moet sosiale integrasie eers plaasvind sodat dit sosiale samesyn teweeg kan bring (Bruhn, 2009:94). Die rede waarom taal en sosiale integrasie kardinaal is tot hierdie studie, is omdat daar bepaal moet word of die kennis van ʼn Afrikataal5 sosiale integrasie tussen swart en wit Suid-Afrikaners bevorder of belemmer. Met die verdere posisionering van hierdie studie in taalsosiologie, kan die deelnemers in die Vaaldriehoek se taalhoudings en persepsies oor Afrikaans, Engels en Afrikatale ondersoek word, wat ʼn duideliker beeld van die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in vergelykbare stedelike kontekste in Suid-Afrika sal skep.
In die konteks van Suid-Afrika is linguistiese akkommodasie ʼn belangrike aspek om te ondersoek omdat post-apartheid-Suid-Afrika taal as ʼn belangrike bate beskou wat tot nasiebou lei. Wanneer taalgebruikers mekaar linguisties akkommodeer, is daar ʼn kans dat hul verhoudings met mekaar sal verbeter. Kwenda (2003:71) is van mening dat
“[s]peaking someone’s tongue goes a long way in laying the foundation for goodwill, without which reconciliation cannot take place and social cohesion remains beyond reach”. Reagan (2002:421) het in sy navorsing gevind dat onderwysers van mening is dat
“[the] inability to speak an African language created a linguistic and social barrier between themselves and their African students”. Die leerder is van mening dat wanneer die onderwyser ʼn Afrikataal magtig is, daar op emosionele en opvoedkundige vlak makliker gekommunikeer kan word. Volgens Reagan (2002:421) het nog ʼn leerder gesê dat “[w]e Africans, we actually feel if you can meet a person who speaks your own home language, you actually feel comfortable, you feel at home with that person”. Dieselfde taalhoudings geld vir leerders in die Vaaldriehoek, waar Coetzee-Van Rooy (2016) haar navorsing tussen die tydperke van 1998, 2010 en 2015 uitgevoer het. Coetzee-Van Rooy
5 In hierdie studie word die term ‘Afrikataal’ gebruik eerder as ‘Bantutaal’ omdat daar ʼn konnotasie tussen
‘Bantu’ en apartheid gemaak word (Webb, 2002:34).
(2016) het gevind dat daar ʼn pertinente tema van taal en sosiale integrasie by Afrikane teenwoordig is. Hierdie leerders is ook van mening dat meertaligheid (linguistiese akkommodasie) tot effektiewer kommunikasie lei en dat dit eenheid (“unity”) bewerkstellig. Alhoewel linguistiese akkommodasie en sosiale integrasie vir Afrikane van kardinale belang is, het die wit Afrikaanse leerders nie dieselfde ervaring gerapporteer nie. Die tema van taal en sosiale integrasie was heeltemal afwesig in die data verkry van wit Afrikaanssprekende deelnemers in Coetzee-Van Rooy (2016:11) se studie. Die taalhoudings en persepsies van wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners moet dus verder bestudeer word sodat daar bepaal kan word wat die verband tussen taal en sosiale integrasie vir hierdie deelnemers is.
1.2 Probleemstelling
Vanuit die literatuur is dit duidelik dat Suid-Afrika uit ʼn komplekse linguistiese landskap bestaan. Daar is talle navorsing oor verskeie tale in Suid-Afrika gedoen, byvoorbeeld die gebruik van Afrikaans deur swart Suid-Afrikaners (Schuring, 1979; Viljoen, 2005;
Willemse, 1987), die gebruik van Engels deur swart Suid-Afrikaners (swart Suid- Afrikaanse Engels/Black South African English) (Van Rooy, 2013; Van Rooy &
Wasserman, 2014; Van Rooy & Piotrowska, 2015) en onder andere die fonologiese, sintaktiese of pragmatiese eienskappe van Afrikaans (Kirsten, 2016; Butler, 2016), Engels (Bekker & Van Rooy, 2015) en Afrikatale (Kadenge, 2015). Op nasionale of makrovlak is daar talle studies oor taal (Mesthrie, 2002; Webb, 2002), Suid-Afrika se taalbeleid en nasiebou (Orman, 2008), meertaligheid (Du Plessis, 2003) en meertaligheid en sosiale samesyn (Coetzee-Van Rooy, 2016) uitgevoer.
Studies wat veral van belang is, is die studie van Johanson Botha (2015) oor die taalrepertoire van vier wit mans, afstammelinge van setlaars aan die Oos-Kaap, wat Xhosa magtig is. Johanson Botha het die taalhoudings en identiteite van hierdie vier wit mans ondersoek in terme van hul taal en identiteitskonstrukte (Johanson Botha, 2015:186). Deur middel van lewensverhaalonderhoude het Johanson Botha gevind dat hierdie vier wit mans Xhosa as kind geleer het en dit steeds as volwassenes gebruik, alhoewel dit voordele en nadele vir hulle inhou. Die tweede studie is deur Coetzee-Van Rooy (2014a) uitgevoer oor ʼn meertalige predikant wat 13 tale magtig is, asook haar 2016 publikasie oor meertaligheid en sosiale samesyn. Coetzee-Van Rooy (2016:19) het gevind dat Afrikaans en Engelse leerders in die Vaaldriehoek erken dat Afrikatale
belangrik is en dat dit geleer moet word, maar geen Afrikataal is in hierdie leerders se taalrepertoires aanwesig nie. Alhoewel die literatuur ʼn verband tussen taal en sosiale integrasie trek, moet daar bepaal word waarom ʼn Afrikataal in wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners se taalrepertoires afwesig is en wat hul taalhoudings en persepsies oor taal en sosiale integrasie is. Sou Afrikaans of Engelssprekende taalgebruikers ʼn Afrikataal in hul taalrepertoire hê, moet daar ondersoek word hoe die Afrikatale in die taalrepertoire gemanifesteer het en of die motivering vir die aanleer van ʼn Afrikataal verbind kan word met ʼn taalhouding en persepsie wat sosiale integrasie ondersteun.
Daar word vrylik daarna verwys dat Engels Suid-Afrika se lingua franca is, wat deur
“almal” gebruik word. Volgens Deumert (2008:73) wys die “Pan South African Language Board survey” (2000), dat meer as 40% van Suid-Afrikaners weinig of geensins verstaan wat in Engels gekommunikeer word (Webb, 1995:17). Selfs op onderrigvlak word ʼn dowe oor gegooi vir sowat 90% van leerders wat in Engels moet skoolgaan, alhoewel hulle nie Engels huistaalsprekers is nie, skryf Heugh (2002a:467). Daarom is dit onverantwoordelik om die meerderheid Suid-Afrikaners as Engelssprekend te ag. Die vraag wat dan gevra moet word, is soos volg: as Afrikaans en Engels nie vir taalgebruikers beskikbaar is nie, watter taal of tale kan as kommunikasiemedium gebruik word? Sou Suid-Afrikaners, veral wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners, ʼn Afrikataal leer of selfs magtig wees, sal linguistiese akkommodasie tussen taalgebruikers nie lei tot nasiebou, meertaligheid en sosiale integrasie nie?
Hierdie studie het ten doel om ondersoek in te stel na wit Afrikaanshuistaalsprekers wat ʼn Afrikataal magtig is (Groep A1) en wat nie ʼn Afrikataal magtig is nie (Groep A2)6. Engelse huistaalsprekers is ook by die studie betrek en daar word ook na twee groepe gekyk, naamlik: wit Engels huistaalsprekers wat ʼn Afrikataal magtig is (Groep E1) en wit Engels huistaalsprekers wat nie ʼn Afrikataal magtig is nie (Groep E2). Hierdie benadering verskaf inligting en kennis oor die taalhoudings en persepsies van wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners, rakende hul mening of die kennis van ʼn Afrikataal verbind kan word aan sosiale integrasie in Suid-Afrika of nie.
6 Die taalversorger het aanbeveel dat die teenwoordige tydsvorm gebruik word, wat aandui dat die studie voltooi en afgehandel is.
1.3 Navorsingsvrae
Die fokus van hierdie studie sentreer rondom drie vrae:
i. Wat is die verband tussen taal en sosiale integrasie?
ii. Wat is die taalhoudings en persepsies oor taal en sosiale integrasie van die deelnemers in:
(a) Groep A1, wat ʼn Afrikataal magtig is;
(b) Groep A2, wat nie ʼn Afrikataal magtig is nie;
(c) Groep E1, wat ʼn Afrikataal magtig is; en (d) Groep E2, wat nie ʼn Afrikataal magtig is nie?
iii. Wat is die implikasies van hierdie studie se bevindinge vir die verstaan van die verband tussen taal en sosiale integrasie onder wit Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en wat beteken dit vir taal- en sosiale beplanning?
1.4 Doelstellings
Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika. Die taalrepertoire, taalhoudings en persepsies van die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 word in hierdie studie ondersoek, wat inligting verskaf om die navorsingsvrae te beantwoord soos waarom ʼn Afrikataal in Groepe A1 en E1 se taalrepertoire gemanifesteer het en nie in Groepe A2 en E2 se taalrepertoire nie.
Hierdie data word gebruik om die vraagstuk van die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika te beantwoord en voorstelle vir verbeterde taalbeplanning in Suid-Afrika te maak, wat sosiale integrasie tussen Suid-Afrikaners moontlik kan versterk.
1.5 Breë navorsingsbenadering
Om te bepaal of daar ʼn verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika is, maak hierdie studie gebruik van ʼn literatuurstudie en empiriese navorsing wat aan die hand van navorsingsinstrumente versamel is. Die literatuurstudie dien as basis vir die posisionering van hierdie studie in taalsosiologie en die navorsingsinstrumente dra daartoe by om inligting te versamel om die navorsingsvrae optimaal te beantwoord.
Hierdie studie het ten doel om te bepaal of die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 wat in die Vaaldriehoek woonagtig is, van mening is dat daar ʼn verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika is.
1.5.1 Literatuurstudie
Hierdie studie bevat twee literatuurstudies om sodoende al drie navorsingsvrae van hierdie studie te beantwoord. In Hoofstuk 2, die posisionering van hierdie studie, word taalsosiologie in diepte bespreek asook waarom hierdie studie in die terrein van taalsosiologie geposisioneer is. Soos verduidelik deur Fishman (1972a:45), fokus taalsosiologie op taalhoudings en persepsies óf selfs taalgedrag. Met die posisionering van hierdie studie in taalsosiologie kan die verhouding tussen die samelewing en taal (Hudson, 1996:4) bestudeer word, wat ʼn duideliker beeld sal skep hoe sosiale integrasie deur die gebruik van taal bevorder word. Dit word bepaal deur die bestudering van die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 se taalhoudings en persepsies oor die tale wat hulle ken. Sekere aspekte vanuit toegepaste taalkunde wat fokus op tweedetaalverwerwing (T2-verwerwing), word in diepte bespreek omdat die studie aansny by die idee dat om meer tale te leer moontlik kan lei tot beter sosiale integrasie in Suid-Afrika. Die modelle wat ondersoek word, is soos volg:
• die sosiopsigologiese model (Lambert, 1963);
• die akkulturasiemodel (Schumann, 1986);
• die sosialekonteksmodel (Clément, 1980); en
• die intergroepmodel (Giles & Byrne, 1982).
Hierdie konsepte word ondersoek omdat dit kan bepaal hoe die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 die tale wat hulle ken, aangeleer het en hoe hulle taal gebruik om in of by die gemeenskap in te pas. Hierdie modelle word verder by taalsosiologie betrek sodat die navorsingsvrae optimaal beantwoord kan word.
In die tweede literatuurstudie, Hoofstuk 3, word die verskil tussen sosiale integrasie en sosiale samesyn bespreek, gevolg deur ʼn motivering waarom hierdie studie sosiale integrasie en nie sosiale samesyn ondersoek nie. Fishman (1968) se uiteensetting van ʼn gemeenskap en domeine in ʼn gemeenskap word ook bespreek, omdat hierdie studie die domeine van taalaanleer en taalgebruik ondersoek. Die konsep taalrepertoire word in diepte bespreek, veral in terme van eentaligheid, tweetaligheid en meertaligheid. Die term ‘taalrepertoire’ word ook vir hierdie studie gedefinieer. Vervolgens word die taalhoudings oor Afrikaans, Engels en Afrikatale soos opgeteken in die literatuur bespreek, gevolg deur ʼn beskouing van die konsep identiteit in die konteks van taal en
samelewing. Die laaste onderwerp wat bespreek word, is taalbeplanning omdat hierdie studie poog om voorstelle tot taalbeplanning vir Afrikatale in Suid-Afrika vir die wit gemeenskap te maak.
Hierdie studie maak gebruik van die konsep huistaal. Daar is ʼn debat in die velde van toegepaste taalkunde en sosiolinguistiek rondom die betekenis van die verwante konsepte huistaal en moedertaal. In diep meertalige kontekste soos Suid-Afrika en Indië is die konsepte huistaal en moedertaal kompleks (Makoni & Pennycook, 2005:147). ʼn Engels-Afrikaanse Suid-Afrikaner kan teoreties ʼn Engelse moedertaalspreker wees, maar sy/haar huistaal kan Afrikaans wees omdat sy/hy met ʼn Afrikaanse man/vrou getroud is.
Nog ʼn moontlike voorbeeld is waar Afrikaans deur die huisgesin gepraat word en waarin die kinders skoolgaan. Soos verduidelik deur Makoni en Pennycook (2005:149), skop ouers in Afrika teen moedertaalonderrig weens die koloniale status wat aan sommige tale gekoppel word. Moedertaalonderrig is volgens Stroud (2001:339) onvolhoubaar omdat veral Afrikatale selde suksesvol in onderrigprogramme of taalbeleide deurgevoer word.
In hierdie studie word die volgende beskrywing van die konsep huistaal gekies omdat dit ʼn duidelike en eenvoudiger verstaan van hierdie komplekse begrip meehelp. Die huistaal is daardie taal wat mense primêr en meestal in die huis gebruik. Die huistaal kan ook die moedertaal wees, maar in hierdie studie waar die kompleksiteit van taalrepertoires in ag geneem word, sal die twee begrippe nie vermeng word nie. In Hoofstuk 2, afdeling 2.1.1.1, word die term ‘huistaal’ verder verduidelik in terme van die Suid-Afrikaanse onderrigsisteem.
1.5.2 Metodologie
Vir die doeleindes van hierdie studie sal kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes saam gebruik word om die navorsingsvrae te beantwoord. Die gemengdemetode-benadering (“mixed method approach”) sal gebruik word om die kwalitatiewe en kwantitatiewe datastelle te trianguleer. Volgens Ivankova et al. (2010:262) het die gemengdemetode- benadering te make met beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbenaderings.
Rasinger (2010:52) definieer kwalitatiewe metodes as “structures and patterns, and how something is. [...] Qualitative studies are, by their very nature, inductive: theory is derived
from the results of our research”7 Voorts verduidelik Rasinger (2010:52) dat kwantitatiewe metodes die voordeel vir navorsers inhou deurdat groot hoeveelhede data versamel en geanaliseer kan word. “Quantitative data can be analysed using statistical methods, that is, particular mathematics tools which allow us to work with numerical data”, skryf Rasinger (2010:52).
Angouri (2010:34) skryf dat verskillende datastelle of metodologieë tot dieselfde resultate sal lei wat die interpretasie van die navorser versterk en betroubaar maak. In hierdie studie sal die kwantitatiewe datastelle uit die biografiese en taalrepertoirevraelys bestaan en die kwalitatiewe datastelle uit die taalportret, individuele onderhoud8 en veldnotas. Die doel van die gemengdemetode-benadering is om geloofwaardigheid en geldigheid van die data en bevindinge van die studie te versterk en om ʼn kristallisasie- of dataversadigingspunt te bereik, wat tot helder en geloofwaardige bevindinge lei.
1.5.2.1 Die deelnemers
Die doelwit van hierdie studie is om data oor die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 se taalrepertoire, taalhoudings, persepsies en taalidentiteit te versamel. Die deelnemers in Groep A1 bestaan uit wit huistaal Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat ʼn Afrikataal magtig is en die deelnemers in Groep A2 bestaan uit wit huistaal Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat nie ʼn Afrikataal magtig is nie. Die deelnemers in Groep E1 bestaan uit wit huistaal Engelssprekendes wat ʼn Afrikataal ken en die deelnemers in Groep E2 bestaan uit wit huistaal Engelssprekende Suid-Afrikaners wat nie ʼn Afrikataal ken nie.
Deelnemers is genader deur gebruik te maak van die sneeubaleffek-metode (“snowball/chain referral sampling”). Die sneeubaleffek-metode word deur Nieuwenhuis (2010a:80) gedefinieer as:
participants with whom contact has already been made are used to penetrate their social networks to refer the researcher to other participants who could potentially take part in or contribute to the study. Snowball sampling is often used to find
“hidden populations”, that is, groups not easily accessible to researchers through other sampling strategies.
7Kursivering vanuit die bron self.
8Sien addendum B vir die individuele onderhoudvrae.
Die sneeubaleffek-metode neem ʼn aanvang, waar die navorser wit Afrikaans- en Engelssprekende deelnemers wat ʼn Afrikataal magtig is benader, om aan die studie deel te neem. Hierdie deelnemers verwys die navorser na ander potensiële deelnemers, wat ʼn Afrikataal magtig is, om ook aan die studie deel te neem. Dieselfde beginsel geld ook vir wit Afrikaans of Engelssprekende deelnemers wat nie ʼn Afrikataal magtig is nie.
In totaal neem 46 deelnemers aan hierdie studie deel, waarvan 24 deelnemers oorhoofs aan Groep A behoort en 22 deelnemers aan Groep E. Die groepe is soos volg verdeel:
• Groep A1 (n=12)
• Groep A2 (n=12)
• Groep E1 (n=10)
• Groep E2 (n=12)
Om Groepe A1, E1 en A2 en E2 vergelykbaar te maak, is elke groep verdeel in ses vroulike deelnemers en ses manlike deelnemers. Die ouderdomme van die deelnemers is in drie kategorieë verdeel, naamlik: twee jonk (19-39 jaar), twee middeljarig (40-60 jaar) en twee bejaard (61+). Die deelnemers is tans geografies gebonde aan die Vaaldriehoekarea. Hierdie studie sal voorts fokus op wit middelklasinwoners van die Vaaldriehoek en sluit deelnemers met professionele beroepe in.
Om die deelnemerspoel gebalanseer te hou, word daar veralgemenings tussen die groepe gemaak sodat die data in hierdie studie nie skeeftrek nie. Die dokumentering van die deelnemers in Groepe A1 en E1 se taalrepertoires bied meer inligting rondom hul taalhoudings en persepsies oor die tale wat hulle ken, veral die waarom, hoe, wanneer en waar die Afrikataal in hul taalrepertoire opgeneem is. Die deelnemers in Groepe A2 en E2 gee ook hul taalhoudings en persepsies oor hul taalrepertoire weer, wat bekend maak waarom die Afrikataal nie in hul taalrepertoire opgeneem is nie.
1.5.2.2 Navorsingsterrein
Die Vaaldriehoek as navorsingsterrein word gebruik om deelnemers by die studie te betrek. Die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 moet in die Vaaldriehoek woonagtig wees, om deel te neem aan hierdie studie. Die rede hiervoor is om ʼn streeksgebonde veralgemening van die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 te maak wat sal skakel
met hul nasionale taalhoudings en persepsies oor die verhouding tussen taal en sosiale integrasie in Suid-Afrika.
Die Vaaldriehoek is in die suidelike gedeelte van Gauteng geleë, ongeveer 70 kilometer suid vanaf Johannesburg. Die streek bestaan uit ʼn populasie van sowat 794 599 inwoners met ʼn meertalige gemeenskap waar Afrikaans, Engels en Suid-Sotho die dominante tale is. Die Vaaldriehoek bestaan uit die volgende hoofdorpe, naamlik:
Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg. Ander areas wat ook deel uitmaak van die Vaaldriehoek, is Sharpeville, Boipatong, Bophelong, Sebokeng (Evaton en Orange Farm), Meyerton en Henley-on-Klip.
Die patroon van “flourishing functional multilingualism” in hierdie area is deur Coetzee- Van Rooy (2012) geïdentifiseer, omdat Afrikahuistaalgebruikers hul bestaande taalrepertoire verder uitbou deur die aanleer van addisionele Afrikatale. Afrikaans en Suid-Sotho word spesifiek in die Vaaldriehoekarea aangeleer deur taalgebruikers omdat hierdie tale die dominante taal van die area is. Dus speel domein ʼn belangrike rol in die totstandkoming van ʼn taalrepertoire. Die vermoë om Suid-Sotho in die Vaaldriehoekarea te gebruik is voordelig vir die taalgebruiker, skryf Coetzee-Van Rooy (2012:112), weens die dominansie van Suid-Sotho onder taalgebruikers wat in die area woonagtig is. Die domeine wat Coetzee-Van Rooy (2012) uitlig, is die familie9 (die tradisionele domein), onderwys en die media. Daar is ook ʼn patroon van duidelike Afrikaans-Engelse tweetaligheid onder wit inwoners van die Vaaldriehoek, wat aan Coetzee-Van Rooy (2013) se studie deelgeneem het. Baie min Afrikaans-Engels tweetalige mense in die Vaaldriehoek sluit enigsins ʼn Afrikataal in hulle taalrepertoire in (Coetzee-Van Rooy, 2013).
1.5.2.3 Navorsingsinstrumente
Vir die doeleindes van hierdie studie word daar gebruik gemaak van verskillende navorsingsinstrumente. Die navorsingsinstrumente wat gebruik word vir data-opname sluit die volgende in: ʼn biografiese en taalrepertoirevraelys, ʼn taalportret en ʼn individuele onderhoud.
9 In hierdie studie word die term ‘familie’ gebruik, wat nie beperk is tot net die huisgesin nie. Wanneer daar na die familie vewys word, sluit dit ʼn deelnemer se huisgesin en weier familie in.
1.5.2.3.1 Biografiese en taalrepertoirevraelys
ʼn Reedsbestaande en aangepaste biografiese en taalrepertoirevraelys10, as kwantitatiewe metode word gebruik om die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 se biografiese en taalrepertoire data te versamel (sien addendum A11 vir die volledige biografiese en taalrepertoirevraelys). Die doel van die biografiese en taalrepertoirevraelys is om biografiese inligting oor die deelnemers se ouderdom, ras, geslag en familiegeskiedenis te versamel. Die taalrepertoirevraelys sal meer inligting oor die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 se taalvaardighede, taalhoudings, ouderdom van taalaanleer, motivering vir taalaanleer, bydraende faktore tot taalaanleer, faktore wat die deelnemers tans aan die tale wat hulle ken blootstel en hul menings oor meertaligheid in Suid-Afrika insamel. Die biografiese en taalrepertoirevraelys sal die linguistiese landskap van ʼn klein populasie deelnemers uitbeeld. Die biografiese en taalrepertoirevraelys word in Afrikaans en Engels beskikbaar gestel, wat die deelnemers se deelname aan hierdie studie sal vergemaklik.
1.5.2.3.2 Die taalportret
Die taalportret is ʼn metode waar die deelnemers versoek word om die tale wat hulle ken op ʼn silhoeët van ʼn persoon op papier met kleurpenne of kleurpotlode aan te dui en verdere motiverings vir die posisionering van tale op die silhoeët en die gebruik van kleure om tale aan te dui met uitgebreide notas te verduidelik (sien addendum J vir die voorbeelde van die taalportrette van deelnemers in hierdie studie). Soos verduidelik deur Bristowe et al. (2014:231), simboliseer die kleur en areas aangedui op die silhoeët, die taal, variëteit van taal, maniere waarop taal gebruik word en die begeerte om ander tale aan te leer. Busch (2010:288) is van mening dat die silhoeët as metafoor gebruik word sodat individue uiting kan gee aan uitdrukkings en emosies oor taal.
Die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 word versoek om die taalportret te voltooi.
Daar word van die deelnemers verwag om notas rondom die silhoeët te maak, wat verduidelik waarom spesifieke tale met ʼn spesifieke kleur op verskillende areas van die silhoeët ingekleur of geposisioneer is. Nadat die deelnemers die taalportret voltooi het,
10 Die reedsbestaande vraelys wat in hierdie studie gebruik word, is verwerk en aangepas vanuit Coetzee- Van Rooy (2000, 2012), Gullberg en Indefrey (2003), asook Marian et al. (2007).
11 Weens die omvang van die biografiese en taalrepertoirevraelys word slegs die Afrikaanse weergawe in addendum A verskaf.
word hulle versoek om die taalportret en notas tydens die individuele onderhoud te verduidelik. Die gebruik van die taalportret as navorsingsinstrument dra by om die navorsingsvrae te beantwoord omdat die inligting ʼn duidelike beeld sal skep aangaande die deelnemers se taalhoudings en persepsies oor hul taalrepertoire, wat dit vir hulle beteken en tot watter mate taal deel van hul identiteit is. Die taalportret sal weergee hoe taal die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 in sekere situasies of domeine bevoordeel of benadeel. Hierdie metode voorsien dat die datastelle van die deelnemers in Groepe A1 en E1, sowel as die deelnemers in Groepe A2 en E2 met mekaar vergelyk kan word, sodat daar bepaal kan word watter elemente verwant aan taal anders of dieselfde tussen hierdie groepe is.
Die taalportret sal direk met die individuele onderhoud verbind word, wat verdere interne geldigheid van die gebruik van die metodes verhoog.
1.5.2.3.3 Individuele onderhoude
Individuele onderhoud word in hierdie studie gebruik om die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 se taalhoudings en persepsies verder te ondersoek. Die individuele onderhoude bestaan uit vier dele. Deel een van die individuele onderhoud is ʼn inleiding waar die dag, datum, plek en detail van die deelnemer gedokumenteer word. Deel twee van die individuele onderhoud gun die deelnemers ʼn geleentheid om verder oor hul taalportret uit te brei. Deel drie bestaan uit spesifieke vrae rondom die Afrikatale wat die deelnemers in Groepe A1 en E1 ken en die deelnemers in Groepe A2 en E2 brei uit waarom hulle nie ʼn Afrikataal ken nie. Deel vier van die individuele onderhoud handel oor die verband tussen Afrikatale in Suid-Afrika (sien addendum B12 vir die volledige lys individuele onderhoudvrae). Elke deelnemer aan hierdie studie se individuele onderhoud is op band opgeneem, getranskribeer en geanaliseer.
1.5.2.4 Navorsingsprosedure
Die navorsingsprosedure van hierdie studie bestaan uit drie fases. In fase een word die deelnemers in Groepe A1 en E1 gevra om die biografiese en taalrepertoirevraelys te voltooi. Wanneer die deelnemers hierdie instrument in hul eie tyd klaar voltooi het, neem fase twee ʼn aanvang waar die individuele onderhoude gevoer word. In fase drie word die
12 Slegs die Afrikaanse weergawe van die individuele onderhoudvrae word in addendum B aangebied.
datastelle van die deelnemers in Groepe A1, A2, E1 en E2 met mekaar vergelyk om die ooreenkomste en verskille tussen die datastelle te bepaal. Deur die analise en interpretasie van al die datastelle kan die navorsingsvrae beantwoord word.
1.5.2.4.1 Analisemetode
Om die kwantitatiewe datastelle van Groep A1, A2, E1 en E2 te analiseer, word die biografiese en taalrepertoirevraelys met behulp van Statistica ontleed. Die frekwensies van antwoorde word bepaal vir alle oop vrae. Die taalportret, as kwantitatiewe datastel, word met behulp van ʼn kwantifiseringsproses ontleed. Die keuses van deelnemers om tale aan te dui in verskillende posisies en kleure op die silhoeët, word op ʼn Excel-blad aangeteken en die frekwensies van posisies en kleure vir tale kan so bepaal word. Deel twee, drie en vier van die individuele onderhoud word eers getranskribeer en daarna van onder-na-bo in Atlas.ti weergawe 7 gekodeer. Die onder-na-bo-benadering word gebruik om temas vanuit die deelnemers se taalhoudings en persepsies oor Afrikatale en die verband tussen Afrikatale in die Suid-Afrikaanse samelewing te identifiseer. Die koderingsproses vergemaklik die vergelykings tussen Groepe A1 en A2, sowel as Groepe E1 en E2, sodat die ooreenkomste en verskille geïdentifiseer word.
1.6 Etiek
Voordat enige deelnemers gekontak is, is etiese klaring van die Noordwes-Universiteit (NWU) se etiese komitee vir taalsake verkry. Deelnemers wat telefonies instem om deel te neem aan hierdie studie, word versoek om die etiese vorm deur te lees wat hulle inlig oor die doel van hierdie studie en hoe daar met die data gewerk word. Daarna het die deelnemers wat ingestem het, ʼn ingeligte toestemmingsbrief onderteken waarin hulle aangedui het dat hulle die aard van die studie, hulle deelname en hoe die bevindinge gerapporteer sal word verstaan en dat hulle vrywillig deelneem. Hierdie vorm verseker die deelnemers dat die inligting, verhale en opinies wat met die navorser gedeel word, streng onderworpe is aan anonimiteit en dat geen deelnemer se identiteit bekendgemaak of beskadig sal word nie. Die deelnemers gee dus hul toestemming om hul inligting, verhale of opinies in die studie te laat gebruik, mits hul anoniem bly. Voorts dien die etiese verklaringsvorm ook as kontrole om slegs deelnemers van 18 jaar en ouer by die studie te betrek. Die etiekvorm is aan die biografiese en taalrepertoirevraelys geheg.
1.7 Die bydrae van hierdie studie
Hierdie studie poog om twee bydraes te lewer. Eerstens, sal hierdie studie bydra tot die beskrywing van die taalrepertoire van wit Afrikaans en Engels huistaalsprekende Suid- Afrikaners wat ʼn Afrikataal magtig is en in die Vaaldriehoek woonagtig is. Die taalhoudings en persepsies van hierdie deelnemers sal inligting bied of die kennis van ʼn Afrikataal die sosiale integrasie met swart Afrikataalsprekers bevorder of belemmer.
Volgens Coetzee-Van Rooy (2016:17) is daar ʼn afwesigheid van Afrikatale in die taalrepertoire van wit Afrikaans-Engelssprekende Suid-Afrikaners in die Vaaldriehoek;
daarom sal ʼn beskrywing van hierdie deelnemers se taalrepertoire, taalhoudings en persepsies bydra om inligting oor hierdie groep wat ʼn Afrikataal magtig is, beskikbaar te maak. Terselfdertyd word meer inligting oor wit Afrikaans- en Engelssprekende Suid- Afrikaners, wat nie ʼn Afrikataal magtig is nie, ook bekend gemaak. Dus werk hierdie studie verder aan die fenomeen wat Coetzee-Van Rooy (2016:17) geëien het as unieke Afrikaans-Engelse of Engels-Afrikaanse tweetaligheid.
Die tweede bydrae van die studie is om die besondere verhouding tussen taal en sosiale integrasie in die Suid-Afrikaanse konteks van nader te ondersoek. Die moontlike unieke verhouding tussen taal en sosiale integrasie in ʼn meertalige konteks, soos Suid-Afrika, kan bydra tot die verskerping van bestaande teorieë rakende taal en sosiale integrasie.
1.8 Hoofstukindeling
In Hoofstuk 2 word die posisionering van hierdie studie in taalsosiologie deeglik gemotiveer. Sosiolinguistiek en toegepaste taalkunde verwant aan die taalsosiologie word bespreek, wat verder die posisionering van taalsosiologie in hierdie studie belig.
Bruikbare konsepte vanuit sosiolinguistiek en toegepaste taalkunde word bespreek, asook die wyse waarop dit in hierdie studie gebruik word. Die konsepte wat bespreek word, is hoofsaaklik taalverwerwingsteorieë. Die kritiek oor sosiolinguistiek en toegepaste taalkunde word verder bespreek en dit word belig waarom hierdie studie in taalsosiologie geposisioneer word.
Hoofstuk 3 bied ʼn teoretiese raamwerk wat hoofsaaklik handel oor die verskil tussen sosiale integrasie en sosiale samesyn. In hierdie hoofstuk word verskeie aspekte van sosiale integrasie ondersoek, waar daar gemotiveer word waarom sosiale integrasie eerder as sosiale samesyn bestudeer word. Ander aspekte wat in hierdie hoofstuk
bespreek word, sluit sleutelkonsepte soos taalrepertoire in, veral in terme van eentaligheid, tweetaligheid en meertaligheid. Identiteit en taalbeplanning is ook konsepte wat in hierdie hoofstuk ondersoek word.
Die metodologie wat hierdie studie navolg, word in Hoofstuk 4 bespreek. ʼn Literatuuroorsig oor taalsosiologie en sosiale integrasie word bespreek, gevolg deur ʼn uiteensetting van hierdie studie se empiriese projek. Die Vaaldriehoek as studieterrein, die deelnemers, instrumente wat in hierdie studie gebruik word, analisemetodes, etiese sorg en die geldigheid en betroubaarheid van bevindinge word in diepte in Hoofstuk 4 bespreek. Die wyse waarop die datastelle in hierdie studie geanaliseer word, word ook in hierdie hoofstuk bespreek.
Hoofstuk 5 bied die data wat verkry is vanuit die biografiese en taalrepertoirevraelys, taalportret en individuele onderhoud aan.
In Hoofstuk 6 word die bevindinge geanaliseer en geïnterpreteer, sodat die drie navorsingsvrae beantwoord kan word.
Hoofstuk 7 sluit hierdie studie af waar ʼn kort opsomming van die bevindinge aangebied word, tesame met die bydrae wat hierdie studie gelewer het en die beperkinge van hierdie studie. Verdere studiemoontlikhede word uitgelig.
Hoofstuk 2
POSISIONERING VAN HIERDIE STUDIE
Hierdie studie word geposisioneer in die breë terreine van die taalsosiologie, sosiolinguistiek en toegepaste taalkunde. Die doel van hierdie hoofstuk is om kortliks te motiveer waarom die studie gesitueer word in hierdie terreine en om die kernkonsepte wat bruikbaar is vir hierdie studie te belig.
2.1 Taalsosiologie
Taalsosiologie is alles behalwe ʼn nuwe dissipline. Dit het alreeds begin vorm aanneem met Sapir en sy volgelinge se navorsing wat die “social institutions of languages”
(Bernstein, 1971:39) bestudeer het en wat fokus op die taalgedrag van individue en groepe. Volgens Fishman (1976:222) het taalsosiologie in die 19de en 20ste eeu ʼn verskeie vorme aanvang geneem, soos in die werk van Hertzler. So vroeg as 1953 het Hertzler alreeds publikasies gehad wat met taalsosiologie te make het, waar sy duidelik stel dat “sociologists have become aware of its significance in human society, though in the main that have merely skirted the edges of a sociology of language” (Hertzler, 1953:109). Hertzler (1953:109) verwys na kernaspekte wat tot op hede die kern van taalsosiologie uitmaak, byvoorbeeld dat die mens taal gebruik om in te dink, daagliks te kommunikeer, kulture te begryp, vir sosialisering, sosiale aksies, om die omgewing te oordeel (“environmental judgment”) en sosiale organisasies te verstaan. Volgens Chen (1997:1-2) het Labov se navorsing oor nie-standaardengels ʼn sentrale rol gespeel tydens die ontwikkeling van taalsosiologie.
Fishman (1976:222) stel dat taalsosiologie eers in latere jare momentum en veld begin wen het met sy eie navorsing. Romaine (2000:x) verduidelik dat Fishman se werk oorspronklik taalsosiologie aangevoer het, omdat hy van mening was dat sosiolinguistiek ʼn middeljarekrisis ondergaan het. Daarom was dit nodig vir ʼn nuwe benadering om in werking te tree, omdat daar te min aandag aan die ‘sosio’-gedeelte van taal in die samelewing geskenk is. Holmes (2013:9) lig uit dat die sosiale konteks ʼn belangrike faktor is, sowel as hoe taal in die sosiale konteks funksioneer.